Wednesday, May 4, 2011

Val

Ek het geval veel verder as tevore
Nadat ek oortuig was dis lankal verlore
Hard neergekokm, plat teen die aarde
Kom ons hardloop oral, spring rond en bont
Kom ons val weer saam, oor en oor
Kom druk my totdat ek versmoor
Kom ons le hier, kom ons lag hard
Vergeet van die pyn, ons is verlos van die smart

Kyk in my oe, kyk na my mond
Kom ons spring meer, dans rond en bont

Ons het harder geval as ooit beplan
Die donker en hartseer is hieruit verban
Kom ons staan op, kom ons val weer
Kom ons val harder al maak dit seer

Saturday, April 16, 2011

Babablou

So liggies blou soos die hemel
Op 'n helder dag
(Het ek myself verloor in jou oe?)
So oop en eerlik sonder pretensies
Soos 'n sonskyn dag
(Hoe kan ek nie vir jou hart liefraak nie?)
Die warmste gedeelte van die vlam
Is blou
(Hoe kan ek jou passie miskyk?)
So blou soos my wyerand strandhoed
Want hy beskerm my teen die son
(Sal ek ooit onveilig voel by jou?)
Vir altyd die kleur van my oe
Vir altyd die kleur van jou oe

Babablou - die kleur van liefde

Sunday, March 6, 2011

dit gaan altyd goed

"Hallo, hoe gaan dit?"
"Haai! Gaan goed dankie en met jou?"
"Nee, ek kla nie."

Gaan dit rerig goed? As jou reaksie altyd "gaan goed, dankie" is, dink gou mooi.
Is dit die waarheid?
Hoe gereeld reageer jy so, bloot uit gewoonte? Hoekom reageer jy so? Omdat jy so in die gewoonte is, jy besef eers wat jy gese het nadat dit in die lug hang? Of leef jy 'n leuen, jok jy vir jouself? Of miskien... Miskien is dit omdat ons so onseker is van enige standvastigheid of vertroue in hierdie lewe, dat ons nie kan eerlik wees en se "haai, weet jy, dit gaan nie so goed nie"? Is ons bang om waarlik te erken hoe dit gaan, omdat dit beteken ons sal heel moontlik aan die persoon moet verduidelik hoekom dit nie "voor die wind" gaan nie? En dit sal beteken dat die persoon 'n stukkie van jou binneste het, en kan jy hom / haar rerig vertrou?

Het die mensdom so onbetroubaar geraak dat ons elke groet 'n leuen is omdat party nie vertrou kan word nie, en daarom lieg ons? Nog 'n sneeubal in ons yskoue samelewing.

Volgende keer, dink voor jy antwoord.
Hoe gaan dit met jou?

Tuesday, February 15, 2011

*qoutes*

Happiness? A good cigar, a good meal, and a good woman! - George Burns

There is only one happiness in life, to love and be loved. - George Sand

Love is friendship set on fire. - Jeremy Taylor

The first act of love is always the giving of attention. - Dallas Willard

We looked into each other's eyes. I saw myself, she saw herself. - Stanislaw J. Lec

Everyone has a gripping stranger in their lives, a stranger whounwittingly possesses a bizarre hold over you. Maybe it's the kid in cut-offs who mows your lawn or the woman in the library who stamps your books - a stranger who, if you were to comehome and find a message from them on your answering machine saying, "Drop everything. I love you. Come away with me now to Florida," you'd follow them. - Douglas Coupland

In love, there is always the one who kisses and the one who offers the cheek. - French saying

That love is all there is, Is all we know of love. - Emily Dickinson

15 Februarie '11

HOEKOM is dit vir ons so maklik om geld, besittings, liefde en prestasies te eien; terwyl ons nie kan opstaan en sê "Ek was verkeerd" nie?!

Hoe maak jy iemand opsetlik seer en leef daarmee, smalend? Hoe leef jy met jouself saam?

"Who do you pray for at night before you ge to sleep" [P!nk]

Maar tog.... dankie dat julle ons seergemaak het, dankie dat julle ons eenkant toe gegooi het en weggedraai het.

"Maybe someday I'll see" [Reneé Duminy]

Today I see. Dankie vir my ongelooflike geskenk. Hierdie een pas ek op soos goud.

Monday, January 10, 2011

Januarie 10, 2011

Die wind fluister saggies deur die takke
kielie versigtig elke blaar
Die stof gaan lê nogsteeds op die rakke
En ek dink aan haar
Kleurvolle herinneringe spook nog
daagliks in my hart
Vriendskap was dit sekerlik tog
(huil tog vir my part)
My sluise is lankal toe en geseël
wat 'n verligting
Tog voel ek nog heeltemal te veel
wat 'n ontnugtering
 

Saturday, January 8, 2011

Januarie 5, 2011

<gevoelloos>

lank terug was alles mooi
en ons kon heeldag lag
maar ons het als weggegooi
nou is dit stil in die dag

herhinneringe ruk wonde oop
nuwe kennis sny nog dieper
deesdae sukkel ek om te loop
ek dog "jy's 'n keeper"

skielik is jou stem koud
jou haat brand my soos suur
en ek wonder, was dit 'n fout?
terwyl die meisie in die glas my aangluur

Sy kyk na my met hartseer
Ek het haar tenagekom
Ek weet ek kan nie terugkeer
Ek weet sy weet: Ek's dom

Oktober 12, 2010

Maybe

maybe you know
maybe you don't
maybe they'll tell you
maybe they won't
maybe my pain
won't be for nothing
maybe this will all
be good for something
maybe oneday
i'll look back and smile
but maybe that
won't be for a while
maybe you'll be sorry
or maybe not
maybe i'll remember
what everyone forgot
maybe this choice
you made for me
maybe it was good
maybe someday i'll see

Althea - 20 September 2010

Jy was als
jy het my laat lag
jy was liefde
jy was vriendin

ek was versot op jou
want
jy kon my gelukkig maak
jy kon my laat lag

jy
jy was...
maar nou, wie is jy?

ek verlang (16 Augustus 2010)

Na lekker soentjies
Stywe drukkies
Nou en dan
se skelm oogknippies

lekker lag
Omdat ons mag
Nonsens praat
Tot heeltemal te laat

Grappe deel
Kyke steel
Saam niks doen
En vinnig nog 'n soen...*

8 Julie 2010

>>Gister<<
Gister was 'n vreemde dag
'n Deurmekaar dag
Gister wou ek lag en huil
Drome wat waar word was yl
Gister moes ek baie stry
Gister moes ek my gedagtes vermy
Want net so kon ek jou vergeet
Maar tevergeefs, ek moes mos weet
Gister sou die gedagte
Aan jou
My nie verlaat nie
Maar gister
Kon ek probeer
>>Vandag<<
Vandag was 'n swaar dag
Die hunkering na iets
'n Wens
Maar onmoontlik
Vandag
Het jou gesig my mal gemaak
Jou oe het my laat verdwaal
Jou mond het my laat wonder
Vandag was jy oral om my
Waar ek ookal gaan
Wat ek ookal dink
Toe ek opkyk was jy daar
Met my oe toe was jy daar
Vandag was jy by my
Maar vandag was jy ver
Vandag het ek verlang
Maar vandag het jy nie geweet nie
>>More<<
More is nog 'n dag
Maar dit sal vinnig kom
Niks kan ons voorspel nie
Want more is 'n raaisel
Feite bly konstant
Drome float nog rond
En more sal ek nogsteeds wonder
Maar more sal jy vergeet
>>Eendag<<
Eendag op 'n reenda
Bly altyd 'n alleendag
Want my drome word nie waar nie
En my trane wil nie lag nie
Eendag sou ek graag wou
Maar dan ook net by jou
Maar die hoop beskaam tog soms
En dit is hartseer se koms
Eendag sou ek jou geluk bring
Maar eendag
Bly 'n droom

Desember 21, 2009

geluk...*

hoe bevoorreg is ons nie?
daardie warm gevoel binne jou
is dit...
liefde?

hoe bevoorreg is ek nie?
jy by my
elke oomblik bars uit sy nate
van genot!

hoe heerlik is dit nie?
om te lag sonder 'n traan
onverwags, 'n drukkie

hoe gelukkig is ek nie!
'n soentjie van jou,
hou vas
styf vas

hoe volmaak die lewe...
oorlaai met liefde.

Ek onthou - 5 Mei 2009

elke dag, sonder dat ek wil
oral waar ek gaan, heeltemal perongeluk
maak iets in my oop
'n boekie onthou
die wereld is my herhinneringslaan

jys in my broek se kreukel
jys stewig onder my voete
jy kyk na my deur vensters
jy lag vir die wolke
jy skitter teen die geboue

jy raas rooi as ek moet rus
jy gil groen as ek kan gaan
jy loop saam met my om die draai
jys die lirieke van AL die songs
jy dra my skoene
jy waai deur my hare

alles wat ek doen
oral waar ek gaan
alles wat ek sien
elke oomblik onthou ek...

Reënwolk

die grysheid
die koue
tot barstens toe vol
en dreigend
om te bars!

ek is 'n reenwolk
ek smag na 'n wolkbreek!

maa die son op my rug
is 'n belofte
bo my wolk
is daa sonskyn
as ek net kan omdraai!
en die son in die oe kyk

ek is 'n reenwolk

13 April 2009

Stil en leeg
Alom
Dit is my beskrywing
‘n hol, weerklankende oopte
Omring deur ‘n muur
5 meter dik!

‘n Muur wat ek self gebou het
Van die grond af op
Met my rug gedraai na die wereld
Gedraai na julle wat,
Met arms oop,
Geroep het met simpatie

Ek het aanhou bou
En bou
En bou
En nou?

Nou staan ek in die middel van my oopte
En roep julle, fluisterend
En verwag van julle om die muur af te breek
Om te raai dat ek,
Die een wat dit gebou het,
Wil he julle moet dit afbreek.

Ek verwyt julle omdat julle nie die muur tussen ons oorkom nie
Tog het ek dit onmoontlik gemaak
5 meter dik
My alleenheid.

Dirk - Junie 2008

deur donker vensters loer jy
in
by my oe
my hart
my hele menswees
agter gekruisde arms staan jy
en kyk
praat selde
lag hard
en ek sien 'n glinstering in jou dieptes
waarin ek verlore raak
waarop ek verlief raak
waarmee ek wil saamleef
maar tog ook
(in jou dieptes)
'n teenpool, 'n seer
en met my aanraking
sag, liefdevol, verlangend,
gly jou grendels los
jou arms oop
en ek vind myself in jou liefde
jou arms
jou lag
jou glinstering

om te swem

o lank het ek geswem en dit geniet,
soveel genot het ek daaruit geput!
soms het ek moeg geraak,
maar nooit het ek versuip...
behalwe
daai een slag:
diepe rivier, ek het daar geswem,
en jy, bang vir water het wag gehou.
toe ek die dag begin water sluk
het jy my gered
na hierdie droe oewer gebring
om te rus;
lank het ek gerus en heerlik warm geraak.
maar vandag het 'n hittegloed my oorval.
ek wil weer swem,
ek wil dryf,
vry wees!
maar toe ek die water gaan voel,
was dit koud.
maar steeds het ek warm gekry.
ek wou op die oewer sit met my voete in die water,
jy het my voorstel met trane beantwoord.
jy het my vrye teuels gegee om te doen wat ek wil,
en saggies gehuil.
want jy't my lank terug gered, en nou...
nou wil ek teruggaan om weer gered te word.
ek het probeer om so te sit, maar ek kon nie.
jy sien, daar is geen middeweg.
dis droog of nat,
langs die water le daar sinksand.
tog het ek nou finaal besluit:
ek gaan duik!
ek is onfiks, en ek weet ek sal eers swaarkry.
maar naderhand sal dit die moeite werd wees.
miskien
sal jy my eers moet help,
'n keer of wat moet red.
maar daarna sal ek lang hale swem.
op my eie, tot ek weer swaarkry,
tot daar weer iemand tot my redding kom.
maar jy,
ek wil he jy moet vir my daar bly
moenie agter my aankom nie.
bly daar,
hou wag,
net daar.
want eendag sal iemand daar waer sluk,
en slegs jy sal haar kan help.
bly daar...

09/02/2009

Waansinnig,Tranerig, Depressief
Gedwee? 
Hartsogtelik, Ek mis jo! 
Dwaas! Dit was onwerklik
Liefdeloos 
Alleen 
Teleurgesteld 
Self hatend! 
Self bejammerend? 
Simpel, spyt. 
Voute vreet my vaandels.
Stil, geanker, gehok, gestrand?
Keuse of dwang?
Liefde, o nee

Jou Haat

Jou haat, soos vuurspugende tonge, lek oor my voete. Verorber my stabiliteit en fondasies. Soos 'n orkaan, waai my deurmekaar, verdrink my stad van gevoelens. Borrel deur my strate en steun lamppale om. Jou haat smelt my...