Die wind fluister saggies deur die takke
kielie versigtig elke blaar
Die stof gaan lê nogsteeds op die rakke
En ek dink aan haar
Kleurvolle herinneringe spook nog
daagliks in my hart
Vriendskap was dit sekerlik tog
(huil tog vir my part)
My sluise is lankal toe en geseël
wat 'n verligting
Tog voel ek nog heeltemal te veel
wat 'n ontnugtering
No comments:
Post a Comment