Saturday, April 16, 2011

Babablou

So liggies blou soos die hemel
Op 'n helder dag
(Het ek myself verloor in jou oe?)
So oop en eerlik sonder pretensies
Soos 'n sonskyn dag
(Hoe kan ek nie vir jou hart liefraak nie?)
Die warmste gedeelte van die vlam
Is blou
(Hoe kan ek jou passie miskyk?)
So blou soos my wyerand strandhoed
Want hy beskerm my teen die son
(Sal ek ooit onveilig voel by jou?)
Vir altyd die kleur van my oe
Vir altyd die kleur van jou oe

Babablou - die kleur van liefde