Saturday, January 8, 2011

Januarie 5, 2011

<gevoelloos>

lank terug was alles mooi
en ons kon heeldag lag
maar ons het als weggegooi
nou is dit stil in die dag

herhinneringe ruk wonde oop
nuwe kennis sny nog dieper
deesdae sukkel ek om te loop
ek dog "jy's 'n keeper"

skielik is jou stem koud
jou haat brand my soos suur
en ek wonder, was dit 'n fout?
terwyl die meisie in die glas my aangluur

Sy kyk na my met hartseer
Ek het haar tenagekom
Ek weet ek kan nie terugkeer
Ek weet sy weet: Ek's dom

No comments:

Post a Comment