Saturday, January 8, 2011

Dirk - Junie 2008

deur donker vensters loer jy
in
by my oe
my hart
my hele menswees
agter gekruisde arms staan jy
en kyk
praat selde
lag hard
en ek sien 'n glinstering in jou dieptes
waarin ek verlore raak
waarop ek verlief raak
waarmee ek wil saamleef
maar tog ook
(in jou dieptes)
'n teenpool, 'n seer
en met my aanraking
sag, liefdevol, verlangend,
gly jou grendels los
jou arms oop
en ek vind myself in jou liefde
jou arms
jou lag
jou glinstering

No comments:

Post a Comment