Saturday, January 8, 2011

Ek onthou - 5 Mei 2009

elke dag, sonder dat ek wil
oral waar ek gaan, heeltemal perongeluk
maak iets in my oop
'n boekie onthou
die wereld is my herhinneringslaan

jys in my broek se kreukel
jys stewig onder my voete
jy kyk na my deur vensters
jy lag vir die wolke
jy skitter teen die geboue

jy raas rooi as ek moet rus
jy gil groen as ek kan gaan
jy loop saam met my om die draai
jys die lirieke van AL die songs
jy dra my skoene
jy waai deur my hare

alles wat ek doen
oral waar ek gaan
alles wat ek sien
elke oomblik onthou ek...

No comments:

Post a Comment