Wednesday, May 4, 2011

Val

Ek het geval veel verder as tevore
Nadat ek oortuig was dis lankal verlore
Hard neergekokm, plat teen die aarde
Kom ons hardloop oral, spring rond en bont
Kom ons val weer saam, oor en oor
Kom druk my totdat ek versmoor
Kom ons le hier, kom ons lag hard
Vergeet van die pyn, ons is verlos van die smart

Kyk in my oe, kyk na my mond
Kom ons spring meer, dans rond en bont

Ons het harder geval as ooit beplan
Die donker en hartseer is hieruit verban
Kom ons staan op, kom ons val weer
Kom ons val harder al maak dit seer

No comments:

Post a Comment