Sunday, March 6, 2011

dit gaan altyd goed

"Hallo, hoe gaan dit?"
"Haai! Gaan goed dankie en met jou?"
"Nee, ek kla nie."

Gaan dit rerig goed? As jou reaksie altyd "gaan goed, dankie" is, dink gou mooi.
Is dit die waarheid?
Hoe gereeld reageer jy so, bloot uit gewoonte? Hoekom reageer jy so? Omdat jy so in die gewoonte is, jy besef eers wat jy gese het nadat dit in die lug hang? Of leef jy 'n leuen, jok jy vir jouself? Of miskien... Miskien is dit omdat ons so onseker is van enige standvastigheid of vertroue in hierdie lewe, dat ons nie kan eerlik wees en se "haai, weet jy, dit gaan nie so goed nie"? Is ons bang om waarlik te erken hoe dit gaan, omdat dit beteken ons sal heel moontlik aan die persoon moet verduidelik hoekom dit nie "voor die wind" gaan nie? En dit sal beteken dat die persoon 'n stukkie van jou binneste het, en kan jy hom / haar rerig vertrou?

Het die mensdom so onbetroubaar geraak dat ons elke groet 'n leuen is omdat party nie vertrou kan word nie, en daarom lieg ons? Nog 'n sneeubal in ons yskoue samelewing.

Volgende keer, dink voor jy antwoord.
Hoe gaan dit met jou?

No comments:

Post a Comment