Saturday, January 8, 2011

8 Julie 2010

>>Gister<<
Gister was 'n vreemde dag
'n Deurmekaar dag
Gister wou ek lag en huil
Drome wat waar word was yl
Gister moes ek baie stry
Gister moes ek my gedagtes vermy
Want net so kon ek jou vergeet
Maar tevergeefs, ek moes mos weet
Gister sou die gedagte
Aan jou
My nie verlaat nie
Maar gister
Kon ek probeer
>>Vandag<<
Vandag was 'n swaar dag
Die hunkering na iets
'n Wens
Maar onmoontlik
Vandag
Het jou gesig my mal gemaak
Jou oe het my laat verdwaal
Jou mond het my laat wonder
Vandag was jy oral om my
Waar ek ookal gaan
Wat ek ookal dink
Toe ek opkyk was jy daar
Met my oe toe was jy daar
Vandag was jy by my
Maar vandag was jy ver
Vandag het ek verlang
Maar vandag het jy nie geweet nie
>>More<<
More is nog 'n dag
Maar dit sal vinnig kom
Niks kan ons voorspel nie
Want more is 'n raaisel
Feite bly konstant
Drome float nog rond
En more sal ek nogsteeds wonder
Maar more sal jy vergeet
>>Eendag<<
Eendag op 'n reenda
Bly altyd 'n alleendag
Want my drome word nie waar nie
En my trane wil nie lag nie
Eendag sou ek graag wou
Maar dan ook net by jou
Maar die hoop beskaam tog soms
En dit is hartseer se koms
Eendag sou ek jou geluk bring
Maar eendag
Bly 'n droom

No comments:

Post a Comment