Saturday, January 8, 2011

13 April 2009

Stil en leeg
Alom
Dit is my beskrywing
‘n hol, weerklankende oopte
Omring deur ‘n muur
5 meter dik!

‘n Muur wat ek self gebou het
Van die grond af op
Met my rug gedraai na die wereld
Gedraai na julle wat,
Met arms oop,
Geroep het met simpatie

Ek het aanhou bou
En bou
En bou
En nou?

Nou staan ek in die middel van my oopte
En roep julle, fluisterend
En verwag van julle om die muur af te breek
Om te raai dat ek,
Die een wat dit gebou het,
Wil he julle moet dit afbreek.

Ek verwyt julle omdat julle nie die muur tussen ons oorkom nie
Tog het ek dit onmoontlik gemaak
5 meter dik
My alleenheid.

No comments:

Post a Comment